#1 Uit my ma se skryfgoed.

Ek onthou my ma was nog altyd lief vir skryf. Sy het altyd ‘n kort potloodjie gehad en het met haar eiesoortige half lopende, half vaste skrif los gedagtes neergeskryf. As sy dan die dag tyd gemaak het om alle los drade bymekaar te bring, het sy seremonieel voor die tikmasjien gaan sit en een-een…

Die wit brood

Vir een of ander onverklaarbare rede het wit brood net altyd lekkerder geproe, dis minder gesond, maar van kleins af as my ma my in die winkel na die broodrakke toe stuur, neig my hand elke keer onwillekeurig na die wittes toe. Dis die cool brode wat neerkyk op die ander brode met hul nederige,…

Wonder

Ek wonder hoekom ek soms so baie wonder en wat ek regtig uit wonder kan leer, hoe meer ek wonder, hoe meer dinge is daar om oor te wonder. Ek wonder hoekom daar nog in die 21ste eeu mense is wat in kaste bly en nie hulself wil wees nie. Ek wonder hoekom mense kompeteer…

Spog met jou letsels

Rus in vrede hier lê ek nou is jy bang vir dood of was jy bang vir die lewe?   ‘n Huldeblyk van gemorsde tyd word jy oorweldig deur al die spyt   In die oë van geliefdes sien ek hoe jy liefhet sien ek hoe jy bly vrees oor wat sou wees   Vergewe…

Om te wees is ‘n kuns

Om jou asem diep in te trek en uit te blaas as jou huis lyk of ‘n tropiese sikloon dit getref het, die dag se skedule van die gesin jou keel laat toetrek en jy nie weet hoe jy al jou draaie gaan maak nie, is ‘n kuns. Maar hoekom wil so min van ons…