Op 19 het ek begin kennis maak met verlange. Elke Sondag het soos ʼn ewigheid gevoel en al was ek in die koshuis, waar daar geen tekort aan geselskap was nie, was ʼn Sondag ʼn stil, dooie dag. Ek dink nou nog terug aan die dae toe ek nog nie verlang het nie en ek…
Bome dra sokkies
Die dat ons almal nog op hok sit en elkeen die besluit moet neem of hy soveel as moontlik varkies in sy kraal wil hê, of almal in gelid wil laat marsjeer, is ek een van die wat maar die hekkie oopgemaak het dat almal net die vlaktes in moet hardloop en vry wees. Aanvanklik…
Dag ?
Tydens die Groot Griep in die vroeë 1900’s het mense by bymekaarkomplekke gehoor van die nare virus en dat hulle by hul huise moet bly. Kerke was toe vir ʼn lang ruk en daar was geen dienste gehou nie. Min mense het lopende water en sanitasiegeriewe soos ons vandag gehad en baie het die stryd…
Ons raak weer klein
Ek sal nou nie myself kroon as ʼn dapper muis nie. Ek was van kleins af bang vir enige ding wat bietjie bo my vuurmaakplek lyk. Ek onthou een van die eerste dinge wat vir my vreesaanjaend gelyk het, was die duikplank tydens swemlesse. Die kinders wat net wil leer oorleef in die water het…
“Kankhi”
ʼn Jaar gelede is my ma met borskanker gediagnoseer, nie een van ons in die familie het dit ooit as ʼn doodsvonnis beskou nie, maar ons almal het maar onseker en huiwerig saam met haar voel-voel die nuwe vreemde ingegaan. Eers was dit langpad Bloemfontein toe, vir die mastektomie en toe saggies en mooi kom…
Anders
Anders is iets wat nie almal in hul lewe soek nie, ʼn meer gewilde woord is “dieselfde”. Skaapmentaliteit is lekker veilig, want dan loop jy nie met ʼn teiken op jou rug rond nie en jy staan nie die kans om bespreek te word nie. Veral tieners het nogal ʼn ding met “dieselfde”. Wanneer jou…
Saggies praat…
Blykbaar het my ouma Pien gesê mens moet versigtig wees vir mense wat so saggies praat, want hulle skerp kant is gewoonlik die skerpste. Ek het haar dit nooit hoor sê nie, maar my ma onthou dit en het my vertel van haar teorie. Ek was op universiteit toe ouma Pien oorlede is, ek onthou…