#3 Uit my ma se skryfgoed

Meeste mense het gewoonlik ‘n negatiewe persepsie van grys hare en dat dit simboliseer dat jy oor die muur is, klaar gelewe, niks meer het om te bied nie. Almal plak en spoeg hul grys toe (ek ook), ons gryp na bottels en hou die een oog toe as ons die kaart by die masjientjie…

#2 Uit my ma se skryfgoed

Die huis waarin al vier ons kinders grootgeword het, Koedoestraat 4, is in ‘n doodloopstraat. Daar was nie sommer karre wat verbygery het nie en ons kon uit die leefvertrek deur die venster sien as iemand verdwaal en net weer omdraai. Voor die hek was daar ‘n bruggie waaroor jy moes ry, die kanaal loop…

#1 Uit my ma se skryfgoed.

Ek onthou my ma was nog altyd lief vir skryf. Sy het altyd ‘n kort potloodjie gehad en het met haar eiesoortige half lopende, half vaste skrif los gedagtes neergeskryf. As sy dan die dag tyd gemaak het om alle los drade bymekaar te bring, het sy seremonieel voor die tikmasjien gaan sit en een-een…

Die wit brood

Vir een of ander onverklaarbare rede het wit brood net altyd lekkerder geproe, dis minder gesond, maar van kleins af as my ma my in die winkel na die broodrakke toe stuur, neig my hand elke keer onwillekeurig na die wittes toe. Dis die cool brode wat neerkyk op die ander brode met hul nederige,…

Moets en moenies

ʼn Revolusie impliseer die skielike, radikale weerstand teen ʼn geleidelike verandering. Die afgelope ruk loop ek met die woord in my kop rond en ek vra heeltyd myself af: Self, is ek en jy besig met ʼn revolusie? Ek het sedertdien nog nie ʼn duidelike antwoord gekry nie en worstel steeds hiermee. Op skool was…

Om te waardeer

Ek is ʼn laatlam van vier en van Standerd 2 was ek die enigste kind in die huis en die grotes is toe op universiteit en het begin werk. Ek moes altyd hoor ek kry dinge te maklik en ek hoef nie te lank te wag vir iets nie. Ek het in Standerd 5 ʼn…

Verlang

Op 19 het ek begin kennis maak met verlange. Elke Sondag het soos ʼn ewigheid gevoel en al was ek in die koshuis, waar daar geen tekort aan geselskap was nie, was ʼn Sondag ʼn stil, dooie dag. Ek dink nou nog terug aan die dae toe ek nog nie verlang het nie en ek…

Bome dra sokkies

Die dat ons almal nog op hok sit en elkeen die besluit moet neem of hy soveel as moontlik varkies in sy kraal wil hê, of almal in gelid wil laat marsjeer, is ek een van die wat maar die hekkie oopgemaak het dat almal net die vlaktes in moet hardloop en vry wees. Aanvanklik…

Dag ?

Tydens die Groot Griep in die vroeë 1900’s het mense by bymekaarkomplekke gehoor van die nare virus en dat hulle by hul huise moet bly. Kerke was toe vir ʼn lang ruk en daar was geen dienste gehou nie. Min mense het lopende water en sanitasiegeriewe soos ons vandag gehad en baie het die stryd…

Dag 8

ʼn Week gelede het ek nie geweet die regering kan jou dwing om in jou huis te bly nie, nog minder dat daar ʼn naam vir so iets is. Toe ons die nuus ontvang het, was ons houtgerus en iewers tussen niks en nêrens waar mens die sterre helder kan sien en waar mense nie…