Oor die skrywer

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Min maak sin. Soms soek mens baie, ander kere weer net ʼn bietjie, soms moet alles stilstaan en ander kere wens ek die tyd verby. Partykeer raak ek verdiep in iets en loop en knoei met ʼn gedagte, ander kere vergeet ek weer die helfte van alles wat gebeur het om my. Met dit gesê, hou ek daarvan om voor die rekenaar in te skuif en my gedagtes te orden, dit bring dieselfde gevoel op by my as wat ʼn drawwer kry wanneer hy ʼn ver ent gaan hardloop of wanneer ʼn netjiese vrou haar kaste uitsorteer. Met my laataand skrywe, wanneer die huismense almal rustig is en ek myself kan hoor dink, probeer ek gedagtes en idees verpak sodat dit mooier lyk en hoop gee. Ek deel graag my stories, want ek glo nie my stories is uniek nie en ek weet iewers sal iemand daarmee kan vereenselwig.

Mag dit wat jy raaklees jou help om die deurmekaar gedagtes wat in jou kop rondlê ook te orden.

Liefde, Elana

%d bloggers like this: