Category: Waarhede
-
‘n Rede om te glo
Ons dierbare huishulp, Emily, is al vir 11 jaar deel van ons gesin. Sy het al baie van ons lewens beleef en so deur haar stilligheid kon ek al ʼn paar los drade aanmekaar sit en haar stories ook beleef. Die dag toe ek ore in die nek Bloemfontein toe moes jaag om my pa…
-
Asem
Meeste van die tye wat ek dink ek is eintlik oulik en doen heel goed aan die stuur van sake, kry ek ʼn onverwagse asemnood. Net sodra dit voel of dinge beter gaan raak, raak dit eers erger. Braam Papenfus het hierdie gedagte baie mooi verwoord en genadiglik herinner hy my ook aan die uitkoms…
-
Beste voetjie
Ek het nog altyd gewonder oor die sêding van “sit jou beste voetjie voor”. Is my ander voetjie dan minder goed? Hoekom het mens net een voetjie wat beter is en hoekom moet jy dit voorsit sodat mense net jou blink kant kan sien? Dis maar hoe die grootmense gepraat het en ek het juis…
-
Te
My ma het altyd gesê ʼn ding moenie “te” vooraan hê nie, dan is dit nie reg nie. Al wanneer dit pas is as jy te perd gaan. Ek het die sêding baie gehoor maar nooit te diep in dit gedelf en dit my eie gemaak nie. Nou is ons mos in die dierbare kiemtyd…
-
#Blessed
Blaai rond op sosiale media en jy sien al die selfies en gelukkige gesigte, baie keer gaan dit ook met ʼn aanhaling of Bybelvers gepaard. Dit sinspeel gewoonlik daarop dat die persoon in die foto soveel dinge het wat skeefloop, maar die voorbladgesig wat afgeneem is in die spieël, met die perfekte lippe en dun…
-
#2 Uit my ma se skryfgoed
Die huis waarin al vier ons kinders grootgeword het, Koedoestraat 4, is in ‘n doodloopstraat. Daar was nie sommer karre wat verbygery het nie en ons kon uit die leefvertrek deur die venster sien as iemand verdwaal en net weer omdraai. Voor die hek was daar ‘n bruggie waaroor jy moes ry, die kanaal loop…
-
Om te waardeer
Ek is ʼn laatlam van vier en van Standerd 2 was ek die enigste kind in die huis en die grotes is toe op universiteit en het begin werk. Ek moes altyd hoor ek kry dinge te maklik en ek hoef nie te lank te wag vir iets nie. Ek het in Standerd 5 ʼn…
-
Spog met jou letsels
Rus in vrede hier lê ek nou is jy bang vir dood of was jy bang vir die lewe? ‘n Huldeblyk van gemorsde tyd word jy oorweldig deur al die spyt In die oë van geliefdes sien ek hoe jy liefhet sien ek hoe jy bly vrees oor wat sou wees Vergewe…