Category: Mense
-
‘n Ode aan my krukke
Ek het bitter min chroniese klakouse in my lewe, ek kan net soveel keer simpatiseer met dieselfde ding tot ek later begin wonder na ʼn paar jaar, wanneer gaan Sus nou iets aan haar saligheid begin doen. As dit makliker is om heeltyd in sirkels in die sop te dryf, wil sy seker nie uit…
-
As ek dom voel
Party mense dra ʼn tasbare kalmte saam met hulle rond en dis mooi om te sien. Hulle het berusting in alles wat met hulle gebeur, hulle aanvaar volkome dat ʼn onverwagse draai deel is van hul pad en dan is hulle nog flippen vriendelik ook. Ek is nie een van daardie mense nie. Ek hou…
-
Stories is my lewe
Vanmiddag was nie lekker nie. Dit was vol raas en baklei oor huiswerk. Eers moet daar vir Hennie bal gegooi word, dan moet die bal weggesteek word, dan moet Jan sy sit kry, dan is die potlood nie skerp genoeg nie, dan besef hy hy wil eintlik eers gaan poef. So is daar vir ‘n…
-
Spyt
Met die nuwe jaar wat al goed aan die gang is, maar terselfdertyd steeds hangend, kom die gedagte van nuwe moontlikhede gedurig op. In ʼn tyd waar vrees so tasbaar en opsigtelik is soos nog nooit van tevore nie, weet ek nie of dit ʼn goeie idee is om verder tot daardie bekommernisse by te…
-
Wat gaan aan Mariaan?
Ek weet nie of ek in ʼn kokon lewe, naïef is of net dom is om te besef wat aangaan nie, maar dit word al hoe meer duidelik dat mense woedend is. Mense was eers kwaad omdat hulle nie kan gaan werk nie, nou is hulle kwaad omdat hulle moet gaan werk. Maskers wat brille…
-
#3 Uit my ma se skryfgoed
Meeste mense het gewoonlik ‘n negatiewe persepsie van grys hare en dat dit simboliseer dat jy oor die muur is, klaar gelewe, niks meer het om te bied nie. Almal plak en spoeg hul grys toe (ek ook), ons gryp na bottels en hou die een oog toe as ons die kaart by die masjientjie…
-
#1 Uit my ma se skryfgoed.
Ek onthou my ma was nog altyd lief vir skryf. Sy het altyd ‘n kort potloodjie gehad en het met haar eiesoortige half lopende, half vaste skrif los gedagtes neergeskryf. As sy dan die dag tyd gemaak het om alle los drade bymekaar te bring, het sy seremonieel voor die tikmasjien gaan sit en een-een…
-
Die wit brood
Vir een of ander onverklaarbare rede het wit brood net altyd lekkerder geproe, dis minder gesond, maar van kleins af as my ma my in die winkel na die broodrakke toe stuur, neig my hand elke keer onwillekeurig na die wittes toe. Dis die cool brode wat neerkyk op die ander brode met hul nederige,…
-
Moets en moenies
ʼn Revolusie impliseer die skielike, radikale weerstand teen ʼn geleidelike verandering. Die afgelope ruk loop ek met die woord in my kop rond en ek vra heeltyd myself af: Self, is ek en jy besig met ʼn revolusie? Ek het sedertdien nog nie ʼn duidelike antwoord gekry nie en worstel steeds hiermee. Op skool was…
-
“Kankhi”
ʼn Jaar gelede is my ma met borskanker gediagnoseer, nie een van ons in die familie het dit ooit as ʼn doodsvonnis beskou nie, maar ons almal het maar onseker en huiwerig saam met haar voel-voel die nuwe vreemde ingegaan. Eers was dit langpad Bloemfontein toe, vir die mastektomie en toe saggies en mooi kom…