Category: Familie
-
Wat van môre?
Toe ek in 2013 gehoor het ons verwag ʼn seuntjie, het ek en Abrie albei aangeneem dit gaan ʼn rowwe affêre wees. Vuil rugbytruie, vuil gesigte, klomp seuntjies wat kom speel en mekaar beetkry op die gras en kragte meet. Ons is nie juis sportief nie en het maar besluit as die kind in sport…
-
‘n Haas, ‘n kat en Ben
Ek het Sondagaand voor badtyd so gewens vir ʼn rukkie stilte. Ek wou myself in die middel van die chaos toemaak in ʼn kokon en net onsigbaar wees. Die geluide en vrae het my tenk vir die dag vol gemaak en ek sit en hou die tyd dop om die rawe te gaan bad. Ben…
-
Eendag lank, lank gelede…
Toe ek nog voor ʼn klas 10-jarige gesiggies gestaan het, het ek hulle altyd aangemoedig om nie ʼn storie met ‘Eendag lank, lank gelede’ te begin nie. Dit is hoe meeste van die stories in hul leesboeke begin het en ek wou hê hulle moes probeer wegbreek en iets nuuts probeer. Dit het maar ‘n…
-
My Jan-kind
Ek het nog altyd gewonder hoe op dees aarde Woolies dit regkry om hulle nartjies en ander saamgeflansde oranje sitrusvrugte so identies te kry. As ek die boksie in die trollie sit, kyk al die netjiese gesiggies na bo, met plakkers senter in die middel en nie ʼn blaartjie of ʼn swak plekkie in sig…
-
My nessies
Om in sak in as te gaan lê kom tog so natuurlik. Sodra iets druk, knak my knieë. Sodra die lysies te lank raak, sak my moed. As ek weet ek móét iets doen, dwaal ek om dit en bekyk dit eers van alle kante terwyl ek besluit hoe ek die taak gaan aanpak. Daar…
-
Vergeet raak makliker
Kleintyd het my ma my gebruik as haar inkopielysie as sy dorp toe gaan. Dit was altyd vir my vreeslik lekker om kort-kort aan haar rok te pluk en te sê: “moenie van die gom vergeet nie” of om heeltyd ʼn resitasie te herhaal soos: “jellie, meel, brood, sjampoe”. Ek het dan baie groot en…
-
Op jul merke, gereed …. gaan!
Die begin van ʼn nuwe jaar ruik soos varsgesnyde gras, nuwe skryfbehoeftes, netjiese skoon boeke en vars brood. Alles word opnuut raakgesien, al is dit oud. My tas lyk weer soos ʼn nuwe sikspens, al het hy al ʼn paar myle op. My skoene is ekstra blink gepoleer, al is dit nie splinternuwes nie. My…
-
As mens te veel doen
Met die reën wat kort-kort val en lug bo ons koppe vol beloftes, op ʼn doodgewone Woensdag, sit ek tevrede met ʼn koffie terwyl die seuns speel. Jan en Ben wou die strate vat en toe keer die reën hulle om maats te gaan soek. Die twee het vinnig besef hulle is dan vir die…
-
Onthou die nou
Party mense sit al met leë neste, maar terwyl ons sʼn nog vol aksie en lewe is, probeer ek soveel as kan onthou en inneem. Ongelukkig val die pittige sêgoed te vinnig na mekaar, so ek sukkel om by te bly, maar vandag het ek weer opnuut besef hoe baie ons eintlik lag vir nonsens…
-
Dag ?
Tydens die Groot Griep in die vroeë 1900’s het mense by bymekaarkomplekke gehoor van die nare virus en dat hulle by hul huise moet bly. Kerke was toe vir ʼn lang ruk en daar was geen dienste gehou nie. Min mense het lopende water en sanitasiegeriewe soos ons vandag gehad en baie het die stryd…