Al(een)

Ek weet nie wat is dit met ekstroverte nie, hulle wil alewig ʼn introvert aanneem en leer om bietjie uit ‘sy dop te kom’. Ek is ook skuldig hieraan. Ek probeer al vir ʼn hele rukkie om my introvert oudste mak te maak vir gesels en in die oë kyk. Ek dink as Jan eendag…

Stilte asseblief

Om stil te bly en net alles om my te observeer is altyd iets om na te streef en waarvoor ek wens, veral as ʼn paar uitmergelende weke my van alle vriendelikheid en humor gestroop het. Ons het verlede week gaan kamp en die gedagte om my woorde spaarsamig te gebruik was weer eens bo-aan…

Aan die anderkant

Sonder dat ek wil, bevind ek myself daagliks opnuut in ʼn weegskaal. Party dinge wat aan my knaag is groot goed, té groot om klein te kry op een dag. Ander is weer klein en onbenullig, maar genoeg om ʼn goeie dag te bederf. As iets vandag duidelik en helder lyk, kan daardie selfde lyne…

Mooi nooi

Ons familie chat op WhatsApp is ʼn heerlike plek. Dis niggies en tannies uit die Kalahari, Pretoria, Springs, Upington en natuurlik ons nimlike Derick in die Kaap wat nie kan uit mis op ʼn geselsie nie. Boererate vir skete, resepte vir ʼn maklike ding om vinnig te maak vir aandete, begeerlike koeke, handwerk en tuinmaak…

My dankie

Geen dag is net ʼn gewone dag nie en vandag was ook nie ʼn uitsondering nie. Met die opstaanslag mag die hele aksie van pap maak, kosblik pak en Covid-briefie regsit so bietjie voel soos iets wat vooraf geprogrammeer is, maar soos die res van die dag uitspeel, kom die dinge wat net eie is…

Waar lê geluk?

Op 16 Januarie 2008, het ek my Nissan Sentra, met al my karige besittinkies gepak en die lang pad Transvaal toe aangedurf. Dit was makliker gesê as gedaan. My arme broer moes eers vir ʼn dag lank op sy verjaardag, 15 Januarie, deur ʼn daglange marteling sit op die bus van Johannesburg na Upington, net…

#Blessed

Blaai rond op sosiale media en jy sien al die selfies en gelukkige gesigte, baie keer gaan dit ook met ʼn aanhaling of Bybelvers gepaard. Dit sinspeel gewoonlik daarop dat die persoon in die foto soveel dinge het wat skeefloop, maar die voorbladgesig wat afgeneem is in die spieël, met die perfekte lippe en dun…