-
Bome dra sokkies
Die dat ons almal nog op hok sit en elkeen die besluit moet neem of hy soveel as moontlik varkies in sy kraal wil hê, of almal in gelid wil laat marsjeer, is ek een van die wat maar die hekkie oopgemaak het dat almal net die vlaktes in moet hardloop en vry wees. Aanvanklik…
-
Ons raak weer klein
Ek sal nou nie myself kroon as ʼn dapper muis nie. Ek was van kleins af bang vir enige ding wat bietjie bo my vuurmaakplek lyk. Ek onthou een van die eerste dinge wat vir my vreesaanjaend gelyk het, was die duikplank tydens swemlesse. Die kinders wat net wil leer oorleef in die water het…
-
Seer
Die afgelope ruk is ek meer bewus van mense om my wat seer het. Almal se seer is anders verpak en onder verskillende lae skuil daar ʼn stuk vrot ding, hoe langer hy lê en broei en nie lig kry nie, hoe meer lae groei oor hom en hoe seerder raak die seer. Ek het…
-
Ek is nog hier, ek het net geskuif!
elanabarker.com word nie meer gebruik nie. Ek skryf nou op my nuwe tuiste, http://www.woordwerke.co.za – besoek gerus!
-
Ek dink ons sal okei wees
Ek sit ʼn rukkie terug in die Spur oorkant ʼn seuntjie. Ben het weggeglip en my alleen gelos met ʼn bordjie chips en ʼn melkskommel. Dié het my eintlik net soontoe gesleep sodat hy by die speelarea kan uitkom. Die seuntjie het seker gesien ek voel half verleë om so alleen te sit in die…
-
Meer as ʼn voël
Voëls. Alles van hierdie geveerde spesie laat my ril. Die kraalogies wat loer. Die onvoorspelbare snawel wat in ʼn nanosekonde jou van ʼn vinger kan ontneem. Benerige beentjies. Benerige lyfie. So breekbaar, maar braaf genoeg om ʼn mens aan te durf met vlerke wat fladder in jou gesig en allerhande duikaksies te doen vir ekstra…
-
Tyd vir stilstaan
Van net ʼn bietjie stilsit en niksdoen, sien ek die ander dag sommer ʼn klompie mense raak: ʼn Vrou met ʼn sportiewe pakkie, maer lyfie en selfoon in die hand het fluks aangestap gekom. Sy hoor nie wat haar kind sê nie, haar gedagtes is op ʼn ander plek. Twee mans het eenkant gestaan en…
-
Cheers
Ek het nie ʼn dag en datum vir wanneer ek die eerste keer ʼn krismisroos gesien het nie, al wat ek weet is dat dit my lewe verander het. Die vrolike blomme groei in heelwat tuine, so ek het dit al baie keer raakgesien maar nooit behoorlik ingeneem nie. Iewers in ‘n geselskap het ek…
-
Goeters shmoeters
Ouma Pien, my ma se ma, het vier dogters gehad en ons praat nog gereeld onder mekaar van hierdie legendariese ouma wat enig in haar soort was. Ek persoonlik het altyd gevoel sy is nie te gek oor my nie, seker maar omdat sy nie ʼn liefie-ouma was nie. Nooit stroperig en oorvriendelik nie. Net…
-
Al(een)
Ek weet nie wat is dit met ekstroverte nie, hulle wil alewig ʼn introvert aanneem en leer om bietjie uit ‘sy dop te kom’. Ek is ook skuldig hieraan. Ek probeer al vir ʼn hele rukkie om my introvert oudste mak te maak vir gesels en in die oë kyk. Ek dink as Jan eendag…
-
Stadiger, beter
Die jaar het afgeskop soos wat jaar moet afskop: met ʼn gewoel en ʼn gedruis. Die eerste kwartaal en alle eerstes is verby, ek is in rat, in voeling en in ritme. Maar tog voel dit of ek stilstaan en alles in ʼn stadiger spoed om my beleef. Dit voel of ek na ʼn groot…
-
My storie
Baie dae sit en wonder ek wat is my storie as dinge nie so glashelder lyk nie. As ek deur dowwe lense kyk na alles om my, vervaag die duidelike buitelyne en word dit vervang met hoekoms. So baie keer maak ek lysies van wat ek wil doen en hoe ek dinge gedoen wil hê,…
-
Stilte asseblief
Om stil te bly en net alles om my te observeer is altyd iets om na te streef en waarvoor ek wens, veral as ʼn paar uitmergelende weke my van alle vriendelikheid en humor gestroop het. Ons het verlede week gaan kamp en die gedagte om my woorde spaarsamig te gebruik was weer eens bo-aan…