Bang

Na gisteraand se Carte Blanche-episode kon ek nie slaap nie. Die CBD-druppels het ook nie juis gewerk soos hulle moes nie en my kop het bly dwaal na ʼn lelike plek, ʼn plek vol kopbene en vrees.

Dis heerlike lente

Op skool kon ons altyd R2 betaal om gewone klere op lentedag aan te trek en oudergewoonte het die winter aspris daardie dag sy koudste windjie gestuur om ons te terg omdat ons almal kortmou klere en blommetjies rokke gedra het. Dit was vir my lekker om vir my juffrou ʼn blom te vat, as…

Storms

“Elke wolk het ʼn silwer randjie”; “daar is lig aan die einde van die tonnel”; “toemaar een of ander tyd sal dit storm bedaar”.

Te

My ma het altyd gesê ʼn ding moenie “te” vooraan hê nie, dan is dit nie reg nie. Al wanneer dit pas is as jy te perd gaan. Ek het die sêding baie gehoor maar nooit te diep in dit gedelf en dit my eie gemaak nie. Nou is ons mos in die dierbare kiemtyd…

Wat gaan aan Mariaan?

Ek weet nie of ek in ʼn kokon lewe, naïef is of net dom is om te besef wat aangaan nie, maar dit word al hoe meer duidelik dat mense woedend is. Mense was eers kwaad omdat hulle nie kan gaan werk nie, nou is hulle kwaad omdat hulle moet gaan werk. Maskers wat brille…

#Blessed

Blaai rond op sosiale media en jy sien al die selfies en gelukkige gesigte, baie keer gaan dit ook met ʼn aanhaling of Bybelvers gepaard. Dit sinspeel gewoonlik daarop dat die persoon in die foto soveel dinge het wat skeefloop, maar die voorbladgesig wat afgeneem is in die spieël, met die perfekte lippe en dun…

Groentesop

Ek stap vandag by my niggie, met vier kinders, se huis in. Daar is absolute beheer, geen ding is uit sy plek nie. Die normale gesig, wat mens sou verwag om te sien, as jy by iemand met vier woelwaters se huis instap, is chaos. Klere wat rondlê, afkop poppe, papbakkies met melk in, kinders…

#3 Uit my ma se skryfgoed

Meeste mense het gewoonlik ‘n negatiewe persepsie van grys hare en dat dit simboliseer dat jy oor die muur is, klaar gelewe, niks meer het om te bied nie. Almal plak en spoeg hul grys toe (ek ook), ons gryp na bottels en hou die een oog toe as ons die kaart by die masjientjie…

#2 Uit my ma se skryfgoed

Die huis waarin al vier ons kinders grootgeword het, Koedoestraat 4, is in ‘n doodloopstraat. Daar was nie sommer karre wat verbygery het nie en ons kon uit die leefvertrek deur die venster sien as iemand verdwaal en net weer omdraai. Voor die hek was daar ‘n bruggie waaroor jy moes ry, die kanaal loop…

#1 Uit my ma se skryfgoed.

Ek onthou my ma was nog altyd lief vir skryf. Sy het altyd ‘n kort potloodjie gehad en het met haar eiesoortige half lopende, half vaste skrif los gedagtes neergeskryf. As sy dan die dag tyd gemaak het om alle los drade bymekaar te bring, het sy seremonieel voor die tikmasjien gaan sit en een-een…