Asem

Meeste van die tye wat ek dink ek is eintlik oulik en doen heel goed aan die stuur van sake, kry ek ʼn onverwagse asemnood. Net sodra dit voel of dinge beter gaan raak, raak dit eers erger.

Photo by Daniel Torobekov on Pexels.com

Braam Papenfus het hierdie gedagte baie mooi verwoord en genadiglik herinner hy my ook aan die uitkoms en hoop wat wag om te gebeur.

Deur: Braam Papenfus

Ek het gister weer gaan vis skiet. Ek het ‘n diep asem gevat en sowat tien meter diep afgesak op soek na “daai groot een”. My bewegings en gedagtes was kalm om suurstof te bespaar. Al wat ek kon hoor was die gesuis van die rif rondom my soos duisende organismes in harmonie vir hul bestaan woeker. Dit het geklink soos spek wat braai in ‘n pan.

Ek het baie gemaklik geword en stadig tussen die bamboeswoud en sy grotte deur beweeg. Hoe stadiger ek beweeg het, hoe meer het die skole vis na my toe gekom, nuuskierig oor wat hierdie vreemde wese is. Daar was nie enige groot visse tussen hulle nie, maar die oomblik was perfek.

Gans te gou is my vrede versteur toe my liggaam se kontraksies begin om my te probeer forseer om asem te haal. Ek het geweet: dis tyd om terug te gaan boontoe.

Ek het opgekyk na die rimpels op die oppervlakte daar bo, met my duikmaat wat afkyk na my, en ek het begin boontoe swem.

Soos wat ek deur die water gestyg het, het die verlange, die smag na asem al hoe groter geword.

Dis op hierdie punt wat jy een van twee keuses het:

Jy kan harder skop om vinniger bo te kom, maar dit sal ‘n fout wees. Hoe harder jy skop, hoe vinniger verbrand jy die oorblywende suurstof in jou bloed, en hoe groter is jou kans vir wat bekend staan as “shallow water blackout”.

‘n Beter besluit is om nie te versnel nie, maar kalmer te word en te vertrou dat die oppervlakte wél sal kom.

Ek het vanoggend gedink, dalk is die lewe ook so. In die tye wanneer mens wag op God, voel dit of jy self iets wil doen om die wagtyd te verkort, deur vinniger te swem. Maar ook hier, moet ons vertrou dat God se perfekte plan, God se asem wél sal kom en ‘n einde aan die wagtyd sal bring.

2 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Dankie dit is so kosbaar.

    Liked by 1 person

  2. Wilmien Wiid says:

    Vandag vat jy my hart se gevoel vas en gee hierdie my hoop!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.