‘n Plat aarde

Die Franse Revolusie was die gevolg van drie sosiale klasse se teenstrydighede: die geestelikes, die adellikes en die derde stand (onder die derde stand was bestaansboere en winkeliers – alle daagse mense). Die geestelikes en adellikes het meer aansien in die gemeenskap geniet en so ook meer voorregte, waarvan een groot voordeel was, was om belasting vry te spring. In storieboeke en films word die Franse Revolusie uitgebeeld as ʼn bloeddorstige oorlog wat ‘n eenmalige gebeurtenis was. Om die waarheid te sê die guillotine en die vrylating van die Bastille was maar net waartoe alles uitgespeel het, dit wat vooraf gebeur het, was veel erger. Ek kan my net indink hoe dit moes voel om vuil kyke te kry en teen gediskrimineer word as gevolg van my herkoms en sosiale klas waarin ek gebore is.

Photo by Brett Jordan on Pexels.com

Die Franse Revolusie was dus nie net sleg nie, want na die groot veldbrand is daar weggedoen met klasse en voorregte aan sekeres. Die hele oorlog was ʼn geveg vir vryheid en gelykmaking en dit is presies wat die uiteinde was. Nie oornag nie, maar tog het dinge vorentoe net beter begin raak.

Ek dink nie ʼn oorlog maak alle probleme reg nie, maar dit haal darem die doring uit die seer. Op ʼn manier wens ek vir een of ander uitbarsting sodat passiewe aggressie kan uitdoof en ego’s kan krimp. Deur sekere dinge te doen wil mense graag ʼn beeld uitstraal van sukses/ “die groot Christen”/ die mamma wat beheer het/ die fikse en gebalanseerde man/ die vriendin wat altyd luister/ onmenslik ryk/ die “niks-is-moeite-nie” persoon, die lys gaan aan.

Hoe meer daar geplak en gepleister word aan hierdie uitbeeldings, hoe meer word daar uitgetoorn bo die res. Eweskielik lyk mense met wie Gert nog verlede week gesels het nou soos die gepeupel, omdat sy voertuig eweskielik ʼn paar sentimeter hoër is bo die twee motors voor syne in die verkeer.

Brenda dink sy het outomaties aanbeweeg na ʼn hoër vlak van ouerskap omdat haar kinders slegs by die room in die bedryf buitemuurse aktiwiteite neem. Om nie te praat van die gesoute aktrise wat haar kind se toespraak skryf nie. En die enigste persoon wat jou kind in ballet kan afrond en die “regte” Plié kan leer is Sus en So wat al haar voete stukkend op Broadway gedans het. “Oe en jy weet ek drink mos net Kanonkop se pinotage”. Rafael Nadal se kleinneef leer haar blommekind die geheim van tennis. Haar matte, skilderye, klere en linne het alles name en vanne en sy moet dit bekend maak dat Ricoffy slegs ʼn warm drankie is en dan verskoning maak omdat sy mos eintlik ‘n “koffie snob” is.

Mense se adresse, motors, klere, bykomstighede en aktiwiteite het belangrik geword. Waar mens gesien word en wie jy almal ken wat iemand is – veral op sosiale media.

Klassisme is nie meer ʼn “ding” nie, maar tog is daar ʼn paar duiwe wat pouvere in hul stertvere druk en by die ander duiwe gaan loop en pronk, donkies wat sebrastrepe verf en (let wel nie by die ander sebras nie) by die ander donkies gaan spog omdat hulle meer spesiaal is.

Ek het net ʼn handjievol vriende, en ek verkies dit so, nie een is ʼn Gert of ʼn Gerda nie. Ons is nie een dieselfde nie, maar omdat hulle dit onbelangrik ag om ʼn paar name hier en daar te laat val net om iemand anders te intimideer, is ek vir hulle elkeen bitter lief.

Mag daar eendag ʼn wegdoening wees met al die poeierholle en stywe nekke wat net groet en lief is as die geleentheid hom voordoen. Waarvoor ek wens, weet ek nie eintlik presies nie, maar ek droom van ʼn plat aarde sonder hoogtes en styftes, waar daar na almal geluister word met belangstelling en almal se stories gehoor word.

One response to “‘n Plat aarde”

  1. Dit sal ‘n wonderlike dag wees🌻

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: