#3 Uit my ma se skryfgoed

Meeste mense het gewoonlik ‘n negatiewe persepsie van grys hare en dat dit simboliseer dat jy oor die muur is, klaar gelewe, niks meer het om te bied nie. Almal plak en spoeg hul grys toe (ek ook), ons gryp na bottels en hou die een oog toe as ons die kaart by die masjientjie moet indruk om die rekening te betaal, wat omtrent soveel is soos ‘n kar se paaiement. By die salon voel jy, jy kan jouself weer herontwerp en sodra jy daar uitstap, gaan mense iets vars en nuuts in jou raaksien, wat skynbaar vroeër nie daar was nie. Die huppel in jou stap kry, na die mooimaaksessie, ekstra momentum en jy kan die lewe weer vierkantig in die oë kyk. Hannon sê mos immers: “Skoonheid kom van binne, van binne botteltjies en dosies ja.”

As die huismense nie genoeg van ‘n bohaai oor die haredos gemaak het nie of nie vinnig genoeg gereageer het nie, is dit geld in die water. As jy vir jouself in die spieël kyk en elke keer skrik en jy moet eers gewoond raak aan “die nuwe jy”, is dit ook geld in die water. Maar so is ons alewig doenig met die uitgroeisels op ons koppe: dan krul, dan reguit, dan lank, dan op die skouers, die verandering loop voortdurend aan.

Ek onthou my ma het ook so vir ‘n ruk gestoei met die gedagte: kleur ek, of los ek? Dan het sy vir ‘n ruk gekleur, dan laat groei sy weer die grys uit en een môre voel sy nee wat dis darem te erg, mens kan nie so oud lyk nie, dan kleur sy weer. Sy is nou 71 en kleur nie meer nie, die geveg is nou finaal gewen.

Haar gedig wat sy geskryf het oor haar grys hare, laat dink my nogal aan my eie situasie waar ek myself tans bevind: kleur ek of los ek? Ek het onlangs ingegee en maar weer toegeplak, ek is nog nie braaf genoeg om my ware kleure te wys nie, maar ek hoop om eendag genoeg moed te hê om dit wel deur te voer end uit. Daar is krag in ware kleure en wie mens is wie jy regtig is. Deursigtig. Konsekwent. Outentiek.

As ek nie iemand kyk met grys hare, sien ek ‘n lewe wat geleef is, die waarheid en iemand wat nie skroom om weg te skram van wie sy/hy is nie. Om nie bang vir jouself te wees nie, moet bevrydend wees. Jy is nie so lelik en aaklig soos wat jy dink jy is nie, want as jy jouself met trots en grasie kan dra en handhaaf, is jy so mooi as wat jy kan wees.

Eendag as ek groot is, gaan ek met trots my grys hare dra, nes my ma.

My Grysheid

undefinedDeur: Elsa Smith

Ek is siek, terneergedruk, morbied,

Kosie sou nou sê: “Alles is vol luis”

Ek voel so oud, so lelik en ja … so grys.

Dis wasdag en ek is langlip by die draad,

toe klop Dina aan my deur.

Na tee begin ons konfereer oor die stand van my gemoed.

Nie lank nie, is ons by die wortel van die kwaad.

My hare – wat maar al na wit toe beur

en ek kan niks doen om dit te verhoed.

Lag-lag sê sy: “Maak vrede kind, jy’t nou ʼn Jesus-tint”.

Na sy weg is, bly ek die gedagte troetel.

Dis vir my strelend om te dink dat Jesus

met sy sagte vingers in my hare vroetel.

Ek besef: dis eksklusief. Vir sommige bedoel.

Skielik begin ek baie beter voel.

Die bonus is: dit kos jou nie ʼn sent

en dit is boonop permanent.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.