Wonder

green leafed plants potted on pots
Photo by Hoàng Chương on Pexels.com

Ek wonder hoekom ek soms so baie wonder en wat ek regtig uit wonder kan leer, hoe meer ek wonder, hoe meer dinge is daar om oor te wonder. Ek wonder hoekom daar nog in die 21ste eeu mense is wat in kaste bly en nie hulself wil wees nie.

Ek wonder hoekom mense kompeteer en probeer kyk wie die verste kan piepie. Ek wonder hoekom mense kla. Ek wonder hoekom mense oordeel. Ek wonder of my kinders eendag ʼn regverdige plekkie onder die son gaan hê. Ek wonder hoe ek alles gaan bereik wat ek nog wil voor ek stof is.

Die kat jaag die haas en ek moet eers weer my stem dik maak. Dan kry ek myself waar ek weer sit en wonder oor vriende en familie wat ver bly. Ek wonder wanneer gaan die opvolg reën kom om die droogte finaal in die keel te gryp sodat dit net groen is waar jy kyk en dat die diere vir hulle trommeldik kan eet aan vars grassies.

Ek kyk op die horlosie en besef dis amper tyd om die eerste kind by die skool te gaan haal en ek wonder of ek elke dag al die boksies kan afmerk van wat van ʼn ma verwag word. Ek wonder hoe kry ander ma’s dit reg om dinge so moeiteloos en maklik te laat lyk.

Ek besef ek het nog nie aan aandete gedink nie en grawe in die vrieskas om iets solank te ontdooi. Ek wonder watse planne maak mense wat nie ʼn voorraad kos het nie en voel eweskielik simpel.

By die eerste, tweede en derde verkeerslig sien ek mense wat met bordjies staan en ek wonder hoe hulle hier beland het. Ek wonder of dit die regte ding is om net weg te kyk en die verkeer dop te hou.

Tussendeur kosblik pak, ʼn e-pos stuur en vir ʼn kind ʼn pakkie chips oopmaak, wonder ek oor baie dinge. Ek wonder of hulle goeie vrouens gaan kry eendag en of ek ʼn goeie skoonma sal wees. Ek wonder of ek die voorreg sal hê om kleinkinders te kan hê. Ek wonder waarmee die kinders op skool gaan sukkel en tot op watter punt ek hulle sal kan help. Ek wonder of my kos lekker is, want die huismense eet maar met lang tande saans aan tafel.

Die middag is ʼn gewoel van minuut polsslae. Verkeer, aktiwiteite, verkeersligte en die son wat bak in die kar.

Aandete aan tafel is ʼn mengsel van wanorde en kos buite die borde, moeë gesigte en ʼn dag vol “ek wonders” waaroor ek nog steeds wonder.

Voor die dag verby is, kan ek nog gou ʼn ry of twee hekel aan my kombers. Ek gaan sit op die bank, gereed en gewapen met my hekelpen. Ek hekel al die “ek wonders” uit my sisteem, tot my vingers begin pyn.

Ek loer op my foon en sien ʼn boodskap van ʼn spesiale vriendin. My dag se “wonders” spoel weg en ek giggel vir haar sêgoed.

One Comment Add yours

  1. Wilmien Wiid says:

    Ek wonder hoe ek so n oulike sus gekry het en ek wonder of sy weet sy is vir my flippen oulik!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.