Om te wees is ‘n kuns

photo of woman underwater
Photo by Engin Akyurt on Pexels.com

Om jou asem diep in te trek en uit te blaas as jou huis lyk of ‘n tropiese sikloon dit getref het, die dag se skedule van die gesin jou keel laat toetrek en jy nie weet hoe jy al jou draaie gaan maak nie, is ‘n kuns. Maar hoekom wil so min van ons hierdie kuns bemeester? Hoekom laat mens jouself toe om tot op ‘n punt te kom waar jy net in ‘n bondeltjie wil gaan lê en dat die lewe jou asseblief net nie moet raaksien nie?

Ons sê ons het nie tyd nie, gewoonlik juis wanneer ons tussen ons vriende sit voor ‘n vuurtjie. Ons sê ons het nie geld nie, maar die spogwa staan in die garage. Ons soek groter huise met meer spasie, maar vergeet ons ouers het met vuurhoutjiebokse begin en ons is eintlik uit ons sokkies geseën en het dit heelwat makliker. Ons kyk in die spieël en sien alles raak wat ons nie van hou nie, maar die lagplooie en battle scars kyk ons mis.

Almal soek die Jones’s en wil met hulle maatjies wees, sodat hulle in die proses dalk ook geken kan word as ‘n volbloed Jones-familielid. As jy dalk iewers in jou lewe ‘n Jones opgespoor het, sal jy vind dat hulle ook opsoek is na iets en nie noodwendig by die eindstreep uitgekom het nie.

Almal hardloop, almal is haastig, almal is angstig, almal wil nog hê, almal is ontevrede, almal kla, almal dink aan mooier plekke om te wees as hier.

As jy jou energie gaan gebruik deur net te wees, het jy soveel meer ekstra energie. Die kinders hoef nie vanaand te bad nie, want jy MAG lui wees. Almal in jou gesin het hande om ‘n katjiebotter-en-stroopbrood te smeer as jy net wil sit met ‘n blokkiesraaisel. Jy mag maar foto’s op sosiale media sit met ‘n lelike agtergrond of as jou grimering gesmeer is of daar is lipstiffie op jou tand, jy wys dan vir die wêreld hoe jy jouself geniet het op daardie spesifieke oomblik – en dit is mooi. Jy mag verskil van ander. Jy hoef nie ‘n dieet te volg nie. Jy hoef nie te oefen nie. Jy moet die een ding vind wat vrede in jou hart bring en voluit gaan daarmee.

Maak iets met jou hande, trek ‘n lekker boek nader, bou ‘n legkaart, gaan vryf rescue-honde in jou omgewing, bêre die fone waar die Jones’s vir jou so loer en raak gemaklik in jou eie vel.

As jy vrede in jou hart het, dan sien jy nie alles om jou raak wat pla nie, jy worry nie as als op jou lysie dadelik afgemerk kan word nie en jy maak die beste van elke oomblik in jou dag.

Daar is nie ‘n groter en beter wêreld daar buite nie, die mooi wêreld is in jou huis tussen jou mense. As jy koester wat jy het en jy maak tyd vir jou mense, het jy die kuns om te wees vervolmaak.

2 responses to “Om te wees is ‘n kuns”

  1. Ek hou baie hiervan en hoop van harte dat jy dit tydens die grendeltyd regkry…

    Like

  2. Dit was nou kos vir my siel. Ek is so bly ek het op hierdie skryfstuk afgekom. Ek glo soos jy, maar sukkel om “jy mag maar” te leef.
    Gelukkig beïndruk die Jones-atlete my nie! Bly jy wil ook nie tot daardie kliek behoort nie!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: