Vrydagmiddag, amper tyd vir oppak en karavaan haak en lug vars lug inasem. Ek was nie altyd ‘n kamper nie, ek sukkel nog steeds om die woord te sê. Die feit dat my kinders so mal is daaroor het dit vir my makliker gemaak.
“Ek wil nie met ‘n plastiek skottel loop om skottelgoed te gaan was nie, dis commin!”, was een van die one liners wat ek gesê het tydens my eerste dikbekkampsessie.
Ek het egter na vele oefenlopies besef hoe nodig ons gesin dit het. Sit. Loop ‘n draaitjie. Maak ‘n vuurtjie. Sit. Blaai deur ‘n tydskrif. Haal vleis uit. Wyn. Sit voete op ‘n tafeltjie. Observeer. Gaan soek ‘n trui vir die aandluggie wat begin roer. Sit. Praat.
Vir Jan (4) is dit hemel op aarde, want ons doen alles wat vir hom lekker is, herhaaldelik, tot hy besluit hy het genoeg gehad en dan gaan grawe hy in die lekkers wat hy bestel het by my.
Ek was aan die begin vreeslik gepla oor hoe kamp “lyk”, ek is egter dankbaar dat ek besef het dat om in eenvoud te leef is belangrik. G’n wonder die oumense was meer wys as ons nie, hulle het in eenvoud geleef en het nie hul lewens “geclutter” met tierlantyntjies nie.
Ek is dankbaar vir Abrie wat my leer kamp het, dit het my geleer om te fokus op dit wat saak maak.
Leave a Reply